Thursday, July 22, 2010

PRAAT SAAM - wêreldwyd!


Waaroor dink en praat evangeliese gelowiges wêreldwyd?

Gaan kyk by: http://conversation.lausanne.org/en en www.christianitytoday.com/globalconversation.

Oktober loop al hierdie gesprekke uit op Cape Town 2010

(3de Lausanne Kongres oor Wêreldevangelisasie)

en satelliet-byeenkomste. Sien: www.capetown2010.com

Plaaslike Globalink-byeenkoms (NGK Villieria 17-24 Oktober):

http://www.getuienis.com/Globalink_Program.html).

www.facebook.com/home.php?#!/event.php?eid=147303118623606&ref=ts


'N TJEK IS MAKLIKER MAAR...


Dit sou baie makliker gewees het om 'n tjek vir R 8000 uit te skryf - dan kon VGK Hebron 'n plaaslike bouer betaal het om die pastorie se dak op te sit (en dit help die plaaslike ekonomie). Waarom dan aanbied om self te gaan dakslaan? Eenvoudig omdat ons graag wil sien dat die verhouding as meer as gee/ontvang bestaan. Omdat ons dieper verhoudings wil bou en ook by hulle leer. Omdat ons wil wegkom van die ou model van Westerlinge wat uit die hoogte uitdeel en Afrikane wat afbuig om te ontvang. Hierdie Saterdag DV ry drie kundiges uit om mooi na die gebou te gaan kyk. En volgende Saterdag DV (31 Julie) 14 Augustus ruk ons op om saam te gaan sweet. Kom jy saam? Kontak Klaus 083-381-1019 of klauslettau@lantic.net.

Friday, July 16, 2010

Selfbeeld

Is die tema van 'selfbeeld' te sielkundig?Ek dink daar is te veel sielkunde in die kerk deesdae..kan ons nie oor iets anders gesels nie?