Wednesday, September 22, 2010

Belydeniskamp

Die belydenisklas van 2010 het in Aprilmaand die kamp bygewoon. Daar was egter enkeles wat dit nie kon bywoon nie. Die volgende kamp is vanaf 29 Sep-3 Okt 2010. Diegene wat nie in April kon saam kamp nie, moet die kerkkantoor so gou moontlik skakel.

Wednesday, September 1, 2010

Godly Revolution?

Alle jongmense! Indien daar enige belangstelling vir Godly Revolution is, moet julle my so gou moontlik skakel. Ons moet bepaal of daar genoeg belangstelling is voordat ons reelings kan tref. Hou die blog dop vir verdere besonderhede.

Thursday, August 19, 2010

Belydenis:gewoonte of genade?

Sondag 22 Augustus sal `n paar jongemense die belydenis maak dat hulle die Here liefhet en Hom wil dien. Nogtans is die vraag: is belydenis uitgedien? maak jongmense regtig moeite met hulle belydenis?Belydenisaflegging het oor die algeneem vir kerke `n verleentheid geraak. Hoe voel jy oor belydenis?

Tuesday, August 3, 2010

Ons kerk en ander kerke

Sondagaand 1 Aug het professor Piet Meiring met ons gesels oor die tema"ons kerk en ander kerke". Ek het die diens baie geniet, en ek dink ons kan baie doen om God se kerk te verenig. Wat dink julle?-kan verskillende kerke nader aanmekaar groei of is dit `n sinlose oefening?

Thursday, July 22, 2010

PRAAT SAAM - wêreldwyd!


Waaroor dink en praat evangeliese gelowiges wêreldwyd?

Gaan kyk by: http://conversation.lausanne.org/en en www.christianitytoday.com/globalconversation.

Oktober loop al hierdie gesprekke uit op Cape Town 2010

(3de Lausanne Kongres oor Wêreldevangelisasie)

en satelliet-byeenkomste. Sien: www.capetown2010.com

Plaaslike Globalink-byeenkoms (NGK Villieria 17-24 Oktober):

http://www.getuienis.com/Globalink_Program.html).

www.facebook.com/home.php?#!/event.php?eid=147303118623606&ref=ts


'N TJEK IS MAKLIKER MAAR...


Dit sou baie makliker gewees het om 'n tjek vir R 8000 uit te skryf - dan kon VGK Hebron 'n plaaslike bouer betaal het om die pastorie se dak op te sit (en dit help die plaaslike ekonomie). Waarom dan aanbied om self te gaan dakslaan? Eenvoudig omdat ons graag wil sien dat die verhouding as meer as gee/ontvang bestaan. Omdat ons dieper verhoudings wil bou en ook by hulle leer. Omdat ons wil wegkom van die ou model van Westerlinge wat uit die hoogte uitdeel en Afrikane wat afbuig om te ontvang. Hierdie Saterdag DV ry drie kundiges uit om mooi na die gebou te gaan kyk. En volgende Saterdag DV (31 Julie) 14 Augustus ruk ons op om saam te gaan sweet. Kom jy saam? Kontak Klaus 083-381-1019 of klauslettau@lantic.net.

Friday, July 16, 2010

Selfbeeld

Is die tema van 'selfbeeld' te sielkundig?Ek dink daar is te veel sielkunde in die kerk deesdae..kan ons nie oor iets anders gesels nie?