Friday, July 16, 2010

Selfbeeld

Is die tema van 'selfbeeld' te sielkundig?Ek dink daar is te veel sielkunde in die kerk deesdae..kan ons nie oor iets anders gesels nie?

3 comments:

  1. Of ons in die kerk daaroor praat of nie, Oprah, Huisgenoot, People, Sarie e.a ander sal dit wel doen. Daarom is dit goed dat ons - van tyd tot tyd, maar nie te veel nie - praat oor selfbeeld deur 'n Bybelse bril. Hoe wil die Here dat ons na ons self kyk? Wat gee waarde aan my lewe? ens. Nee, gaan gerus voort. Op die manier wat dit sover gedoen is, kan ons voortgaan.

    ReplyDelete
  2. Dis maklik om in die kerk te sit as toeskouer en te beoordeel wat die dominee en erediensbedieningspan doen om God te verheerlik. Ons lewer kommentaar oor die preek en dis dit. Wanneer die kerk nou die struktuur van sy dienste omdraai en maak dat ons moet self ondersoek doen oor ons menswees, verhoudings en ons deel in God se plan om die wereld te varander, raak ons mense ongemaklik. Dis nuut en gaan n ruk vat om aan gewoond te raak, maar dit moet gebeur. Ek meen, ons moet na onsself kyk deur God se oe, sodat ons onsself kan oplyn met Hom en Sy doel vir ons lewens en ons moet begin ophou om toeskouers te wees in die lewe en in die game in kom, ophou kyk na ander en besef dat ons self die verandering kan bring.

    ReplyDelete
  3. Ek stem saam dat ons as lede van die kerk meer aktief moet deelneem en betrokke raak by ons kerk se bedrywighede!Is daar nie n ander manier wat ons ons aand dienste meer aantreklik vir die jeug en DIE OUER MENSE wat ook verkies om n aanddiens by te woon? Ek persoonlik vind baie min wat my regtig stimuleer om die dienste by te woon in die huidige formaat. EK dink die meeste van die jeug.woon dit ook maar net by omdat dit half verwag word van hulle om te kom!!Ek het vanoggend die oggenddiens bygewoon wat n fantastiese en geestelike persoonlike ontmoeting met my Skepper!Die voorsang,Nagmaal en boodskap het vir my soveel geestelike ammunisie gegee dat ek vir enige aanslag van die Duiwel in die komende week kans sien!Ek wil nie kritiseer nie maar nog nooit het ek uit een van die aandienste (heidige formaat)gekom en gevoel dat ek weklik iets spesiaals ontvang het nie.Dit is bitterlik koud in die kerk en ek kan nie wag om by die huis te kom nie.{Comfort zone?)Wat van n vraag en antwoord oor dinge wat ons nie mooi verstaan nie? Byv.laat die leraars een of twee Bybelboeke vir die lidmate voorstel waaruit hulle dan met vrae na die paneel van leraars kan kom met dinge waaroor hulle wonder. Lidmate word dan half verplig om vrae voor te berei en so hulle Bybels met meer aandag te lees.Dit word dan n vraag en antwoord sessis die volgende Sondagaand.Wissel dit dan af met een spesifieke onderwerp byv Egskeiding,Verlies van n lewensmaat,Seks buite die huwelik,ens.Genooide eksperts of Leraars.
    Dan du Plessis

    ReplyDelete

Note: Only a member of this blog may post a comment.