Thursday, July 22, 2010

'N TJEK IS MAKLIKER MAAR...


Dit sou baie makliker gewees het om 'n tjek vir R 8000 uit te skryf - dan kon VGK Hebron 'n plaaslike bouer betaal het om die pastorie se dak op te sit (en dit help die plaaslike ekonomie). Waarom dan aanbied om self te gaan dakslaan? Eenvoudig omdat ons graag wil sien dat die verhouding as meer as gee/ontvang bestaan. Omdat ons dieper verhoudings wil bou en ook by hulle leer. Omdat ons wil wegkom van die ou model van Westerlinge wat uit die hoogte uitdeel en Afrikane wat afbuig om te ontvang. Hierdie Saterdag DV ry drie kundiges uit om mooi na die gebou te gaan kyk. En volgende Saterdag DV (31 Julie) 14 Augustus ruk ons op om saam te gaan sweet. Kom jy saam? Kontak Klaus 083-381-1019 of klauslettau@lantic.net.

3 comments:

  1. Vir die van julle wat nie 24/07/2010 in die oggenddiens was nie die datum vir die dakslaan is verskuif na 14 Augustus, aangesien daar `n paar veranderinge aan die mure aangebring moet word wat DV hierdie week sal plaasvind. Ons kom 08h00 by die kerk saam en sal van daar vertrek. Hoop om `n klomp van julle daar te sien ook van die jeug en dames wat behulpsaam kan wees met die nodige versterkings, aangesien dit `n lang dag gaan wees.

    ReplyDelete
  2. Ai, daardie dag is reeds vol vir my. Sal kyk of ek ander kan oortuig om te gaan

    ReplyDelete

Note: Only a member of this blog may post a comment.