Tuesday, August 3, 2010

Ons kerk en ander kerke

Sondagaand 1 Aug het professor Piet Meiring met ons gesels oor die tema"ons kerk en ander kerke". Ek het die diens baie geniet, en ek dink ons kan baie doen om God se kerk te verenig. Wat dink julle?-kan verskillende kerke nader aanmekaar groei of is dit `n sinlose oefening?

5 comments:

  1. As God ons almal so divers geskape het, wil Hy nie dalk he ons moet op ons eie, apart aanbid ook nie? Hoekom moet die kerk een wees?

    ReplyDelete
  2. Heinrich, hy het `n punt beet (ons gaan die 15de juis onder andere oor hierdie aspek gesels). Die belangrike is dat ons `n 'mindset'aanleer om deur verskille te breek en maniere van samewerking te soek. Eenheid beteken nie net om saam eredienste te hou nie-ons moet eenheid op alle vlakke najaag(ter wille van ons geloofwaardigheid). Ek hoop ons kan in die erediens juis hierdie gesprek verder voer.

    ReplyDelete
  3. Eenheid binne 'n gemeente is eerstens die belangrikste. Vanaf daar volg samewerking en aanbidding met ander gelowiges makliker. Ek is nie meer deel van Florandia nie, het verhuis. Maar ek onthou die wonderlike gees en liefde tussen die gemeentelede. Koester dit as 'n baie kosbare besit. Julle is uniek. Ek mis dit geweldig baie!!

    ReplyDelete
  4. Ek het vandag die laaste vergadering van "The Ultimate Goal" Tshwane (sambreel vir christelike aksies tydens Sokkerbeker 2010) bygewoon waar daar terugvoer gegee is oor die verskillende projekte. Een punt wat almal benadruk het, was hoe positief die samewerking tussen kerke en die ervaring van Eenheid in Christus was. Dit is hoe ek dit ook ervaar het. Diversiteit en eenheid staan nie teenoor makeaar nie (1 Kor. 12, Rom. 12) maar loop hand aan hand.

    ReplyDelete
  5. Ek ondersteun jou siening 100%, Ernst.

    ReplyDelete

Note: Only a member of this blog may post a comment.